Ons glo dat die Here ons deur sy Woord en Gees tot geloof roep, toerus en uitstuur om in ons leefwêreld ‘n verskil te maak.

Belangegroepe



Breigroep Brei-’n-Bietjie


   

Die brei groep kom elke Donderdag by die kerk bymekaar en brei of hekel vir barmhartigheidsprojekte. Die instansies wat al baat gevind het is Danville gee om, Alzheimers Adcare, Lyttelton, Kinderhuise en Hospitale.

Hier maak jy wonderlike omgee-vriende.

Die sameroeper is Nellie Rautenbach (082 926 8856)




 Stapgroep

   



Die gemeente se stapgroep kom ten minste een keer per maand bymekaar om tussen 5, 10 of 15km te stap, klim en klouter.

Die sameroeper van die groep is Mary-Ann Kok (082 467 6731)




 Kuns & Musiek

   



Mense met dieselfde belangstellings kuier saam. Skakel by die Musiek en -kunsgroep in en beleef die kunste saam met mense wat soos jy voel en dink.

Die sameroeper van die groep is Marilene Heunis (072 563 7821)




 Siekediensgroep


Ons ondersteun siekes in hospitale en tuis. Kontak die kantoor (012 664 2044) om siekes aan te meld vir ondersteuning.

Die sameroeper van die groep is Leonore de Beer (083 954 3439)




 Trauma & Verlies


Hier gesels ons oor verlies en hoe ons met verlies kan saamleef. Enigiemand wat al verlies van enige aard ervaar het is welkom om by ons aan te sluit.

Ons kom elke laaste Donderdag van die maand om 12:00 bymekaar